Die liggie




Die liggie

Die kleinste kers se liggie
Kan die diepste donker breek
En 'n duisend ander liggies
Kan by daardie een aansteek

Dan by daardie duisend liggies
Nog miljoen of twee of tien
Totdat almal in die wêreld
Deur die donkerte kan sien

Dit neem een eerste liggie
Maak nie saak hoe dof of klein
Een liggie wat alleen staan
En die krag het om te skyn

Amanda Strydom



Dit gedichtje - in het Zuid-Afrikaans - kreeg ik deze week van Ellen en Ben. 
Ik wilde het graag hier delen, vind het zo mooi!



Geen opmerkingen:

Een reactie posten